Here’s an Afrikaans translation of T.S. Eliot’s “The Hollow Men” that I did nearly 20 years ago:
Die Hol Manne
I
Ons is die hol manne
Ons is die gestopte manne
Leunend teen mekaar
Kopstuk met strooi gevul. Helaas!
Ons droë stemme, wanneer
Ons tesame fluister
Is stil en sinloos
Soos wind in droë gras
Of rot-pote oor gebreekte glas
In ons droë kelder.
Gestalte sonder vorm, skakering sonder kleur,
Verlamde krag, gebaar sonder beweging;
Dié wat oorgesteek het
Met direkte oë, na die dood se ander Koninkryk
Onthou ons – indien ooit – nie as verlore
Weldadige siele nie, maar slegs
As die hol manne
Die gestopte manne.
II
Oë wat ek nie in drome durf ontmoet nie
In die dood se droom koninkryk
Hierdie verskyn nie:
Daar, die oë is
Sonlig op ‘n gebreekte suil
Daar, is ‘n boom wat swaai
En stemme is
In die wind se sang
Meer afgeleë en meer plegtig
As ‘n kwynende ster.
Laat my nie nader wees nie
In die dood se droom koninkryk
Laat my ook
Sulke opsetlike vermommings dra
Rotte-jas, kraai-vel, gekruisde stawe
In ‘n veld
Gedra soos die wind gedra
Niks nader –
Nie daardie finale ontmoeting
In die skemer koninkryk nie
III
Dit is die dooie land
Dit is kaktus land
Hier is die rotsbeelde
Gerys, hier ontvang hulle
Die smeekbede van ‘n dooie man se hand
Onder die glinster van ‘n kwynende ster.
Is dit soos dié
In die dood se ander koninkryk
Alleen ontwakend
Met die uur wanneer ons
Beef met teerheid
Lippe wat sou soen
Vorm gebede aan gebreekte steen.
IV
Die oë is nie hier
Daar is geen oë hier
In hierdie vallei van sterwende sterre
In hierdie hol vallei
Hierdie gekraakte kaak van ons verlore koninkryke
In hierdie laaste ontmoetingsplek
Tas ons tesame
en vermy spraak
Vergader op hierdie strand van die hoogdrawende rivier
Gesigloos, tensy
Die oë herverskyn
As die ewigdurende ster
Veelvoudige roos
Of die dood se skemer koninkryk
Die hoop alleenlik
Van leë manne.
V
Hier dans ons om die turksvy boom
Turksvy boom turksvy boom
Hier dans ons om die turksvy boom
om vyfuur in die môre.
Tussen die idee
En die realiteit
Tussen die mosie
En die aksie
Val die skaduwee
Want u is die koninkryk
Tussen die bevrugting
En die skepping
Tussen die emosie
En die reaksie
Val die skaduwee
Lewe is baie lank
Tussen die begeerte
En die kramptrekking
Tussen die vermoë
En die bestaan
Tussen die wese
En die nakomeling
Val die skaduwee
Want u is die koninkryk
Want u is
Lewe is
Want u is die
Dit is hoe die wêreld eindig
Dit is hoe die wêreld eindig
Dit is hoe die wêreld eindig
Nie met ‘n knal nie, maar ‘n kerm.
Hi Rustum,
Your flowing Afrikaans translation inspired me to try the same in Dutch (assisted by your Afrikaans, of course). You’ll find Parts I and II below. It really is quite intriguing to see the two languages side by side. I’d expectred the Afrikaans to be more flowing, because there are fewer conjugations, but the double negative does seem to throw up little walls in the meter.
It really is a privilege to be so familiar with more than one language, especially when it comes to poetry. Translation compels you to consider the structural intricacies of a poem – you can’t just sit back and enjoy the bouquet, but have to transfer it to a new vase, flower by flower.
Looking forward to your take on the Raka translation.
All the best,
R.
De Holle Mannen
I
Wij zijn de holle mannen
Wij zijn de volle mannen
Leunend tegen elkaar
Hoofd gevuld met stro. Helaas!
Onze droge stemmen, als
We samen fluisteren
Zijn stil en zinloos
Als wind in droog gras
Of rattenpoten op gebroken glas
In onze droge kelder
Gestalte zonder vorm, schakering zonder kleur
Verlamde kracht, gebaar zonder beweging;
Zij die zijn overgestoken
Met verstilde ogen, naar het ander dodenrijk
Onthouden ons – indien ooit – niet als verloren
Woeste zielen, maar enkel
Als de holle mannen
De volle mannen
II
Ogen die ik niet durf te ontmoeten
In het droomrijk van de dood
Laten zich niet zien:
Daar, de ogen zijn
Zonlicht op een gebroken zuil
Daar, staat een boom te schommelen
En stemmen gedragen
In het windsgezang
Klinken verder en plechtiger
Dan een kwijnende ster
Laat mij niet nader zijn dan dit
In het droomrijk van de dood
Laat mij me ook
Doelbewust vermommen
Met rattenjas, kraaienhuid, gekruiste staven
In een veld
Me gedragen als de wind
Niet nader dan dit –
Niet dat laatste treffen
In het schemerrijk
Bg. vertaling is nie deur Rustum nie, maar deur Johann de Lange. Kopiereg op vertaling.
Ek is jammer, Johann, dit is my eie vertaling, 1988. Nooit gepubliseer nie. Dalk is daar ooreenkomste met joune, maar ek het hierdie self vertaal. Ek het nog nooit jou vertalings gesien nie.
Wat betref “Die Hol Manne” het ek geen verduideliking nie. Dit is baie na aan joune & daar is geen manier wat ek joune vroeër sou kon sien nie omdat dit, soos jy opmerk, ongepubliseer was. Met iets soos “The Hollow Men” is dit moontlik om onafhanklik van mekaar baie na aan identiese vertalings te lewer.
Die oplossing is dat ek myne vir eers in die laai gooi, & later oor doen & seker maak dat dit beduidend verskil.
Sal interessant wees om te sien hoe ons vertalings van The Waste Land daar uitsien.
Ek het net Prufrock, Hollow Men en La Figlia Che Piange vertaal. Ek was nog ‘n derde-jaarse student. Toe begin ek met Paradise Lost, maar hou op na 15 of so reels. Geen Waste Land.